Saturday, 31 August 2013

Drome is vir slaap bedoel.

Scorpio- “wat is verborg is meer interassant dan wat is duidelik.”
Dit beteken dat ek meer werd is dan wat mense kan sien. Al wat mense sien is die meisie wat ‘n paar foute gemaak wat haar hele toekoms kan besluit. Ek het ‘n droom waarin ek my pragtige meisie kind ‘n toekoms gee dat sy kan voorentoe kyk. Sy verdien al die glimlagge in die wêreld.
Ek het drome oor die beste klere wat ek wou dra, van duur ontwerper winkels in Waterfront en Cavendish Square; soos Zara, The Lot, Michiko London en baie meer. Ek droom oor vinnige motors met my naam op, wat so vining soos ‘n windhond is. Maar ek is nog steeds bang om vining te ry. Hulle noem my ‘driving miss Daisy.’




Goed! My stoflike droom het ‘n bietjie gebars. Ek het groote en beter drome, drome om my vier jare kla te maak by Cape Peninsula Universiteit van Technologie. My drome is nog baie belangrik omdat, my ma my inspirasie is, sy het altyd gesê: “Jy kan nie op ‘n man staad maak nie, jy moet jou eie geld verdien.” Dis nou reg! As ek my eie geld verdien dan kan ek eendag Gelato Mania oorvat en nog beter, om Cara Delevinge te ontmoet. Sy is Calvin en Klein se beste model. Sy is ‘n pret en onstuimig persoon, sy laat nie maklik mense oor haar loop nie.  Ek wil die wêreld reis met haar, maar dis nou net drome, drome in my pink wêreld. Maar in my hart is ek nog steeds Cara Delevinge, die ‘pragtige model’, net met baie huis werk, getroud en ‘n kind op pad. Daar is moder, geld en Mac-grimmering vir elke meisie, maar al wat ek wil hê is om te gradeer en my ouers trots te maak.





4 comments:

  1. Dis baie belangrik om te kan droom. geen drome beteken geen ideale nie en waarop sal jou toekoms dan rus? Droom gerus en onthou net daar sal terugslae wees maar die bewaarwording van jou droom gaan van jouself afhang. gaan jy bly lênadat jy geval het of gaan jy opstaan?

    ReplyDelete
  2. Ek hou van jou postiewe uitkyk op die lewe, alles van die beste met jou bondeltjie vreugde op pad.

    ReplyDelete
  3. Enkele opmerkings:

    1. "wat is verborg is meer interassant dan wat is duidelik" - wat verborge is, is interessanter as dit wat sigbaar is.
    2. dan wat mense - as wat mense
    3. besluite gemaak - ...gemaak het
    4. glimlagge - glimlagte
    5. groote - groter
    6. vier jare kla te maak - vier jaar klaar te maak
    7. staad maak - staatmaak
    8. ontstuimig - ander woord
    9. Sy laat nie toe dat mense oor haar loop nie
    10. Ek wil die wêreld reis met haar, - Ek wil saam met haar deur die wêreld reis
    11. moder - mode
    12. gradeer - gradueer

    ReplyDelete
  4. "Verbeelding is belangriker as kennis. Kennis is beperk tot alles wat ons nou weet en verstaan, terwyl verbeelding omvat die hele wêreld, en al wat daar ooit sal wees om te weet en te verstaan." (Einstein, 1929)

    ReplyDelete