Saturday, 31 August 2013

Drome is vir slaap bedoel.

Scorpio- “wat is verborg is meer interassant dan wat is duidelik.”
Dit beteken dat ek meer werd is dan wat mense kan sien. Al wat mense sien is die meisie wat ‘n paar foute gemaak wat haar hele toekoms kan besluit. Ek het ‘n droom waarin ek my pragtige meisie kind ‘n toekoms gee dat sy kan voorentoe kyk. Sy verdien al die glimlagge in die wêreld.
Ek het drome oor die beste klere wat ek wou dra, van duur ontwerper winkels in Waterfront en Cavendish Square; soos Zara, The Lot, Michiko London en baie meer. Ek droom oor vinnige motors met my naam op, wat so vining soos ‘n windhond is. Maar ek is nog steeds bang om vining te ry. Hulle noem my ‘driving miss Daisy.’




Goed! My stoflike droom het ‘n bietjie gebars. Ek het groote en beter drome, drome om my vier jare kla te maak by Cape Peninsula Universiteit van Technologie. My drome is nog baie belangrik omdat, my ma my inspirasie is, sy het altyd gesê: “Jy kan nie op ‘n man staad maak nie, jy moet jou eie geld verdien.” Dis nou reg! As ek my eie geld verdien dan kan ek eendag Gelato Mania oorvat en nog beter, om Cara Delevinge te ontmoet. Sy is Calvin en Klein se beste model. Sy is ‘n pret en onstuimig persoon, sy laat nie maklik mense oor haar loop nie.  Ek wil die wêreld reis met haar, maar dis nou net drome, drome in my pink wêreld. Maar in my hart is ek nog steeds Cara Delevinge, die ‘pragtige model’, net met baie huis werk, getroud en ‘n kind op pad. Daar is moder, geld en Mac-grimmering vir elke meisie, maar al wat ek wil hê is om te gradeer en my ouers trots te maak.





Tuesday, 27 August 2013

Ek, ek, ek, en EK. Dromer van 'n daaglikse dromer.


Ek is nie perfek nie. Ek is oorspronklik. Ek is ‘n dromer.
Wonder jy wat hierdie meisie oor droom? Ek droom oor die lewe. Ek droom oor die klere. Ek droom van my toekoms. Ek droom oor hoe ek my gesin sal eendag gelukkig maak.
Ek het nie altyd grimering op nie. Somtyds redigeer ek my prentjies om myself mooi te laat voel. Ek het die ergste vel. Elke dag ‘n nuwe puisie. Ek bewonder meisies met lang hare, partytjie lewe en perfekte duur klere. En myself? Ek het die beste kans gehad om ‘n tiener te wees.

Hi, ek is Saajidah Ariefdien, ‘n 19 jaar oud meisie en al die dinge het my onseker gemaak, maar vandag het ek waker geskrik en gedink, nee! Dit is wat my afsonder, dit is wat my verskil tussen ander mense. En om verskillend te wees is die beste geskenk dat jy kan kry. Ek is humoristies, vol lewe, bepaal en baie meer van kleur!

Alhoewel my gunstelling dinge is eet, kook, ontwerp, baie praat en glimlag, swem, prentjies redigeer op Instagram en baie meer, lyk ek om te droom oor wat ek eendag sal wou hê. Ek geniet die somerdae in Februarie en die Sondag ry by Camps Bay strand met my Wakaberry roomys. Ek was nog altyd ‘n dromer. Somtyds droom ek in Afrikaans klas wanneer mev.Klopper praat oor ‘algemende reels en klanke’, dis nou hoekom 40% my nommer is. LOL :-)

Wat beteken ‘n daaglikse dromer vir jou? Dit sê dat my wêreld ‘n droom is, dis soos ‘n wêreld met pink kleur en 'unicorns.'
Hulle sê dat dromer beter is as werklikheid, ja hulle is maar jy kan jou dromer in ‘n werklikheid verander. Ek is 'n daaglikse dromer. Wag! Droom ek nou alweer?